LEWENSVERSEKERING

Wat is lewensversekering?

Dit is ‘n polis wat ‘n persoon uitneem van ‘n sekere bedrag en ‘n maandlikse premie betaal. Die polis betaal uit aan die familie na die polishouer gesterf het. Dit is ‘n belegging indien ‘n persoon wil omsien na hul familie wanneer hy/sy nie meer daar is nie.

Die geld van die polis kan gebruik word soos die familie dit nodig het. Dit kan gebruik word vir:

  • Afbetaling van huis of motor
  • Skuld soos hospitaal of begrafnis af te betaal
  • Dit kan gebruik word deur die familie vir persoonlike behoeftes
  • Studie skuld
  • Ensovoorts

Neem net in ag dat nie alle produkverskaffers dieselfde waarborge, uitsluitngs en voordele het nie. Elkeen is verskillend, dus moet daar na elke plan afsonderlik genavors moet word.

Eienskappe van ‘n lewenspolis:

  1. Kyk met hoeveel jou premie ‘n jaar styg.
  2. Kyk vir watter tydperk daar geen aanpassings aan jou premie gemaak word, asook indien daar aanpassings gemaak word, kyk met hoeveel.
  3. Meld veranderinge soos byvoorbeeld jou rokerstatus of beroepskywings aan.

Hoeveel lewensversekering het jy nodig?

Elke individu se lewensomstandighede verskil, met ander woorde nie een persoon sal dieselfde dekking nodig hê as die ander. Die enigste manier om uit te vind hoeveel lewensdekking jy nodig het is om hou berekeninge te maak van wat jou huishouding sal nodig hê, en ‘n lewenspolis uitneem volgens dit!

Daar is ongelukkig nie Afrikaanse vorms om in te vul nie, gebruik asseblief die Engels se vorms om kwotasies of met ‘n produkverskaffer in kontak te kom.