Huislening of Verband Op Eiendom

Wat is ‘n huislening?

Dit is amper soos ‘n persoonlike lening, behalwe die lening word gebruik om die verkoper van die huis te betaal en wys in u rekening die bedrag betaalbaar aan die finansieringsmaatskappy vir die koop van die huis. U betaal dan oor ‘n sekere tydperk (gewoonlik tussen 20 of 30 jaar) per maand ‘n bedrag om die huislening af te betaal. As u versuim om die huislening per maand te betaal, sal die finansieringsmaatskappy of bank u kontak om ‘n ooreenkoms te maak om die huis te betaal. Na ‘n tydperk wat u nie betaal nie, kan die maatskappy of bank die huis terugneem en uit hul hand uit verkoop.

huislening-in-suid-afrika

‘n Huislening is ‘n algemene manier om ‘n huis te koop in Suid-Afrika, aangesien meeste mense nie ‘n huis kontant kan koop nie. Daar is wel rente wat op ‘n huislening geplaas word, so mens betaal meer terug aan die maatskappy of bank. U kan kies om ‘n vaste maandlikse premie te betaal of ‘n premie wat op en af beweeg saam inflasie. Meeste mense kies die vaste opsie, aangesien mens nie weet wat die volgende maand se inflasie inhou nie.

Banke om te oorweeg:

Indien u hier aansoek doen vir ‘n huislening, kan dit by 6 verskillende banke vir u aansoek doen. Dit is vinniger om te sien wie u sal finansier vir die koop van die huis waarin u belangstel.

U is hier: Tuis » Huislening of Verband Op Eiendom