Skuld is ‘n bedrag geld wat deur een party by ‘n ander geleen word. Skuld word deur baie ondernemings en individue gebruik as ‘n metode om groot aankope te doen wat hulle onder normale omstandighede nie kon bekostig nie. ‘n Skuldreëling word aan die leenparty gegee om geld te leen onder die voorwaarde dat dit later, gewoonlik met rente, terugbetaal moet word.
Skuldhersiening
Dit is ‘n proses waar ‘n skuldberader jou uitstaande skuld herstruktureer en met jou kredietverskaffers sit en terugbetalingsplan opstel, asook help om die bedrae betaalbaar per maand te verlaag (asook rentekoerse te verlaag). Die voordeel aan ‘n skuld berader te nader om jou te help, is dat jou skuldeisers nie jou persoonlike besittings mag neem nie.
Skuldkonsolidasie
Dit is waar ‘n lening uitgeneem word om al jou skuld af te betaal en jy net aan een skuldverskaffer ‘n maandelikse premie terugbetaal word. Jy kan self spaar hiermee, aangesien daar nie meer die hoe rentekoerse te betaal nie.
Hier kan ons jou help om met ‘n maatskappy in kontak te kom wat jou kan uithelp met jou skuld.
Of lees meer op skuldkonsolidasie & skuldhersiening op ‘n volgende bladsy van ons.